Onderrig van kreatiewe skryf

Read in English

KLASKENADES is ‘n akroniem vir die volgende aspekte van kreatiewe skryfonderrig (poësie en stories), soos aangebied deur dr. Estelle Kruger:

Kreatiwiteit en verbeelding
Lag en humor
Allerlei beeldspraak
Styl en struktuur
Kommentaar of kritiek
Emosies en gevoelens
Nuutskeppings
Aandag aan detail
Digitale media
Eienaarskap van die skepper
Skryfproses

Klik hier vir die teoretiese verantwoording wat die grondslag van die onderrigbenadering is, asook die bronne wat gebruik is vir die blog se samesteling en hiperskakels, tensy anders vermeld. Kyk hier om te sien wat die KABV-inhoud is t.o.v. kreatiewe skryf.

Verder gee ek graag erkenning aan my vriend, medewerker en elektroniese mentor – André Müller – ‘n woordkunstenaar wat altyd my kreatiewe denke stimuleer met sy verbeelding en woordsensitiwiteit.

André

Ook salueer ek die fundi en my ander bron van inspirasie: Sir Ken Robinson – kenner van kreatiwiteit in die 21ste eeu. Sir_Ken_Robinson

Beweeg van hier af na die kletskamer wat jou sal begelei soos wat ek bladsye oopmaak. Alhoewel dit baie ooreenstem met die aantekeninge wat ek sal uitdeel, is daar ook heelwat verskille.

Skakel na webtuiste vir die onderrig van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal.

Vir allerlei addisionele elektroniese bronne, kliek hier.

Hier is ‘n skakel na die uitdeelstuk.

 

6 thoughts on “Onderrig van kreatiewe skryf

  1. Kreatiewe Skryfwerk … Ek was defnitief van die laastes in die lyn toe kreatiwiteit uitgedeel was … 😉 Deur hierdie kursus hoop ek om my kreatiwiteit te “unlock”. Die blog is baie eenvoudig uiteengesit en dit is maklik om enige iets op te soek en te vind. Ek het reeds al soveel geleer en ander goed herontdek. Ek sien uit na hierdie jaar wat nuwe idees in my gaan opwakker.

  2. Hi Estelle, Ek het seker al Ken Robinson se video’s afgelaai. Ek gebruik dikwels sy invalshoek oor opvoeding in my BEd en NOS-klasse. Vir my het die belangrike kwessie van MENTORSKAP (iemand aan die hand vat, terugploeg wat jy geleer was sodat ons die poel van kennis kan versterk en ons kwaliteite, normes en waardes voortsit) in die kitswereld waarin ons ons nou bevind verdwyn. Dit is elkeen vir homself in gedurige kompetisie met ander. Ek kyk graag hoe mense soos Ken praat voor mense, want ek moet dit gereeld doen. So ‘n kursus sal ek graag wil doen. Dankie vir jou webblad. As ek iets goeds in iemand vind, dan klou ek aan daai persoon. Jou empatie en deernis het ‘n groot positiewe impak op my gemaak, nie net in terme van Afrikaans nie, maar ek voel jou opregtheid aan. So nou moet jy maar die gevolge daarvan dra.

    • Welkom aan boord, Jerome
      Mag jou kreatiwiteit van krag tot krag gaan en nuwe ligte op jou horison laat skyn, waar jy weer dit vir ander sal doen.

Lewer kommentaar